← Proverbs (29/31) → |
1. | 'n Man wat baie bestraf is, en sy nek verhard, sal onvoorsiens verbreek word sonder dat daar genesing is. |
2. | As die regverdiges talryk word, is die volk bly; maar as die goddelose heers, sug die volk. |
3. | 'n Man wat die wysheid liefhet, verbly sy vader; maar hy wat met hoere omgaan, bring die goed deur. |
4. | 'n Koning hou deur reg die land in stand, maar 'n man wat belastings afpers, verwoes dit. |
5. | 'n Man wat sy naaste vlei, sprei 'n net uit voor sy voetstappe. |
6. | In die oortreding van 'n slegte mens is 'n strik, maar die regverdige sal jubel en bly wees. |
7. | Die regverdige ken die reg van die armes, maar die goddelose verkry geen kennis nie. |
8. | Manne wat spot, bring 'n stad in oproer, maar die wyse bring die toorn tot bedaring. |
9. | Het 'n wyse man met 'n sot 'n regsaak, dan gaan die sot te kere en lag, sonder bedaring. |
10. | Manne van bloed haat die regskapene, en hulle soek die lewe van die opregtes. |
11. | 'n Dwaas laat al sy toorn uitvaar, maar 'n wyse bring dit eindelik tot bedaring. |
12. | 'n Heerser wat luister na 'n leuenagtige woord, sy dienaars is almal goddeloos. |
13. | Die arme en die man wat verdruk, ontmoet mekaar, die HERE verlig altwee se oë. |
14. | 'n Koning wat getrou aan die armes reg verskaf, sy troon sal vir altyd bevestig wees. |
15. | Die roede en die bestraffing gee wysheid; maar 'n seun wat aan homself oorgelaat word, steek sy moeder in die skande. |
16. | As die goddelose vermeerder, vermeerder die oortreding; maar die regverdiges aanskou met welgevalle hulle ondergang. |
17. | Tugtig jou seun, dan sal hy jou rus gee en aan jou siel vreugde verskaf. |
18. | As daar geen openbaring is nie, word die volk bandeloos; maar hy wat die wet onderhou, gelukkig is hy. |
19. | Met woorde laat 'n slaaf hom nie waarsku nie; want hy verstaan dit wel, maar hy steur hom daar nie aan nie. |
20. | Het jy 'n man gesien wat haastig is in sy woorde? Vir 'n dwaas is daar meer hoop as vir hom. |
21. | As 'n mens sy slaaf van jongs af verwen, word hy op die end ondankbaar. |
22. | 'n Opvlieënde man verwek twis, en 'n driftige man is ryk aan oortreding. |
23. | Die trotsheid van 'n mens verneder hom, maar die nederige van gees sal eer verkry. |
24. | Hy wat saam met 'n dief deel, haat sy eie siel; hy hoor die beswering, maar openbaar niks nie. |
25. | Die vrees vir die mens span 'n strik; maar hy wat op die HERE vertrou, sal beskut word. |
26. | Daar is baie wat die aangesig van die heerser soek, maar die reg van 'n mens kom van die HERE. |
27. | 'n Man van onreg is vir die regverdiges 'n gruwel, en vir die goddelose is die opregte van wandel 'n gruwel. |
← Proverbs (29/31) → |