← Proverbs (12/31) → |
1. | Een wat die tug liefhet, het kennis lief; maar wie die teregwysing haat, is dom. |
2. | Die goeie verkry 'n welbehae van die HERE, maar Hy veroordeel 'n slinkse man. |
3. | Geen mens kan deur goddeloosheid bestaan nie, maar die wortel van die regverdiges wankel nie. |
4. | 'n Deugsame vrou is die kroon van haar man, maar een wat skande maak, is soos 'n verrotting in sy gebeente. |
5. | Die gedagtes van die regverdiges is wat reg is, die slim planne van die goddelose is bedrog. |
6. | Die woorde van die goddelose is om te loer op bloed, maar die mond van die opregtes red hulle. |
7. | Die goddelose mense word omgekeer, en hulle is daar nie meer nie; maar die huis van die regverdiges bly staan. |
8. | Ooreenkomstig sy insig word 'n man geprys; maar 'n verkeerde van hart sal verag word. |
9. | Wie gering geag word en 'n slaaf het, is beter as hy wat hom vernaam aanstel en gebrek aan brood het. |
10. | Die regverdige ken die natuur van sy dier, maar die barmhartigheid van die goddelose is wreed. |
11. | Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het gebrek aan verstand. |
12. | Die goddelose begeer die vangs van verkeerde dinge, maar die wortel van die regverdiges lewer vrugte op. |
13. | In die oortreding van die lippe lê daar 'n gevaarlike strik; maar die regverdige ontkom aan die benoudheid. |
14. | Uit die vrug van iemand se mond word hy versadig met die goeie, en die daad van 'n mens se hande kom op hom terug. |
15. | Die weg van 'n dwaas is reg in sy eie oë, maar die wyse luister na raad. |
16. | Die dwaas laat sy drif op die daad bekend word, maar die skrandere verberg skande. |
17. | Hy wat die waarheid spreek, vertel wat reg is; maar 'n valse getuie bedrog. |
18. | Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing. |
19. | 'n Betroubare lip bestaan vir altyd, maar 'n valse tong vir 'n oomblik. |
20. | Bedrog is in die hart van die wat onheil bewerk; maar die wat vrede aanraai, het vreugde. |
21. | Geen enkele onheil tref die regverdige nie, maar die goddelose is vol ongeluk. |
22. | Valse lippe is vir die HERE 'n gruwel, maar Hy het 'n welbehae in die wat getrou handel. |
23. | 'n Skrander mens verberg sy kennis, maar die hart van die dwase roep hulle sotheid uit. |
24. | Die hand van die vlytiges sal heers, maar traagheid lei tot dwangarbeid. |
25. | Bekommernis in die hart van 'n mens druk dit neer, maar 'n vriendelike woord vrolik dit op. |
26. | Die regverdige vind sy weide uit, maar die weg van die goddelose laat hulle dwaal. |
27. | Hy wat traag is, jaag sy wild nie op nie, maar vlyt is 'n kosbare skat vir 'n mens. |
28. | Op die pad van geregtigheid is lewe, en die rigting van dié pad is onsterflikheid. |
← Proverbs (12/31) → |