| ← Psalms (98/150) → |
| 1. | 'n Psalm. Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, want Hy het wonders gedoen; sy regterhand en sy heilige arm het Hom gehelp. |
| 2. | Die HERE het sy heil bekend gemaak, sy geregtigheid voor die oë van die nasies geopenbaar. |
| 3. | Hy het gedink aan sy goedertierenheid en sy trou aan die huis van Israel; al die eindes van die aarde het die heil van onse God gesien. |
| 4. | Juig voor die HERE, o ganse aarde, breek uit en psalmsing! |
| 5. | Psalmsing tot eer van die HERE met die siter, met die siter en die stem van gesang, |
| 6. | met trompette en basuingeklank; juig voor die aangesig van die Koning, die HERE! |
| 7. | Laat die see bruis en sy volheid, die wêreld en die wat daarin woon. |
| 8. | Laat die riviere in die hande klap, die berge tesame jubel |
| 9. | voor die aangesig van die HERE; want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld rig in geregtigheid en die volke met reg. |
| ← Psalms (98/150) → |