| ← Psalms (97/150) → |
| 1. | Die HERE is Koning; laat die aarde juig; laat baie eilande bly wees! |
| 2. | Wolke en donkerheid is rondom Hom; geregtigheid en reg is die grondslag van sy troon. |
| 3. | 'n Vuur gaan voor sy aangesig uit en steek sy teëstanders rondom aan die brand. |
| 4. | Sy bliksems verlig die wêreld; die aarde sien dit en bewe. |
| 5. | Berge smelt weg soos was voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die HERE van die hele aarde. |
| 6. | Die hemele verkondig sy geregtigheid, en al die volke sien sy heerlikheid. |
| 7. | Beskaamd staan almal wat die beelde dien, wat hulle op afgode beroem; al die gode buig hulle voor Hom neer. |
| 8. | Sion hoor dit en is bly, en die dogters van Juda juig oor u oordele, o HERE! |
| 9. | Want U, HERE, is die Allerhoogste oor die hele aarde; U is hoog verhewe bo al die gode. |
| 10. | o Liefhebbers van die HERE, haat die kwaad! Hy bewaar die siele van sy gunsgenote, Hy red hulle uit die hand van die goddelose. |
| 11. | Die lig is vir die regverdige gesaai en vrolikheid vir die opregtes van hart. |
| 12. | o Regverdiges, wees bly in die HERE, en loof sy heilige gedenknaam! |
| ← Psalms (97/150) → |