| ← Psalms (94/150) → |
| 1. | God van wraak, o HERE, God van wraak, verskyn in ligglans! |
| 2. | Verhef U, o regter van die aarde, vergeld die trotsaards hulle dade! |
| 3. | Hoe lank sal die goddelose, o HERE, hoe lank sal die goddelose jubel? |
| 4. | Hulle smaal, hulle praat onbeskaamd- al die werkers van ongeregtigheid verhef hulle. |
| 5. | o HERE, hulle verbrysel u volk, en hulle verdruk u erfdeel. |
| 6. | Hulle maak die weduwee en die vreemdeling dood en vermoor die wese |
| 7. | en sê: Die HERE sien dit nie, en die God van Jakob merk dit nie. |
| 8. | Let op, o onverstandiges onder die volk, en julle dwase, wanneer sal julle verstandig word? |
| 9. | Sou Hy wat die oor plant, nie hoor nie, of Hy wat die oog formeer, nie sien nie? |
| 10. | Sou Hy wat die nasies tugtig, nie straf nie- Hy wat die mens kennis leer? |
| 11. | Die HERE ken die gedagtes van die mense- dat hulle nietigheid is. |
| 12. | Welgeluksalig is die man, o HERE, wat U onderrig en wat U leer uit u wet, |
| 13. | om hom rus te gee van die dae van teëspoed, totdat die kuil vir die goddelose gegrawe word. |
| 14. | Want die HERE sal sy volk nie verwerp en sal sy erfdeel nie verlaat nie; |
| 15. | want die regspraak sal terugkeer tot geregtigheid, en al die opregtes van hart sal dit volg. |
| 16. | Wie sal vir my optree teen die kwaaddoeners? Wie sal my bystaan teen die werkers van ongeregtigheid? |
| 17. | As die HERE vir my nie 'n hulp was nie, dan het my siel gou in die stilte gewoon. |
| 18. | As ek dink: My voet wankel- dan ondersteun u goedertierenheid my, o HERE! |
| 19. | As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig, dan verkwik u vertroostinge my siel. |
| 20. | Het die regterstoel wat onheil stig, met U gemeenskap; wat moeite versin teen die insettinge in? |
| 21. | Hulle bestorm die lewe van die regverdige en veroordeel onskuldige bloed. |
| 22. | Maar die HERE is 'n rotsvesting vir my, en my God die rots van my toevlug. |
| 23. | En Hy laat hulle ongeregtigheid op hulle terugkeer en verdelg hulle in hul boosheid; die HERE onse God verdelg hulle. |
| ← Psalms (94/150) → |