Psalms (93/150)  

1. Die HERE is Koning; Hy is met hoogheid bekleed. Die HERE is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord. Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.
2. Vas staan u troon van ouds af; van ewigheid af is U.
3. Die riviere, o HERE, het verhef, die riviere het hulle gebruis verhef; die riviere verhef hulle geraas!
4. Meer as die gebruis van groot, geweldige waters, van die golwe van die see, is die HERE geweldig in die hoogte!
5. U getuienisse is baie betroubaar. Heiligheid pas by u huis, HERE, tot in lengte van dae!

  Psalms (93/150)