| ← Psalms (87/150) → |
| 1. | Van die kinders van Korag. 'n Psalm. 'n Lied. Sy grondvesting is op heilige berge. |
| 2. | Die HERE het die poorte van Sion lief bo al die wonings van Jakob. |
| 3. | Heerlike dinge word van u gesê, o stad van God! Sela. |
| 4. | Ek wil Rahab en Babel vermeld onder hulle wat My ken; kyk, Filistéa en Tirus saam met Kus- hierdie een is daar gebore. |
| 5. | En van Sion sal gesê word: Man vir man is daarin gebore, en Hy, die Allerhoogste, hou dit in stand. |
| 6. | Die HERE sal tel as Hy die volke opskrywe: Hierdie een is daar gebore. Sela. |
| 7. | En die wat sing sowel as die wat vrolik is, sê: Al my fonteine is in jou! |
| ← Psalms (87/150) → |