| ← Psalms (83/150) → |
| 1. | 'n Lied. 'n Psalm van Asaf. |
| 2. | o God, hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o God! |
| 3. | Want kyk, u vyande maak rumoer, en u haters steek die hoof op. |
| 4. | Teen u volk smee hulle listig 'n plan en hou onder mekaar raad teen u verborgenes. |
| 5. | Hulle sê: Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie. |
| 6. | Want hulle het van harte saam raad gehou; teen U sluit hulle 'n verbond: |
| 7. | die tente van Edom en die Ismaeliete, Moab en die Hagareners, |
| 8. | Gebal en Ammon, en Amalek, Filistéa saam met die inwoners van Tirus. |
| 9. | Ook het Assur by hulle aangesluit; hulle is 'n arm vir die kinders van Lot. Sela. |
| 10. | Maak met hulle soos met Mídian, soos met Sísera, soos met Jabin by die spruit Kison: |
| 11. | hulle is verdelg by Endor, hulle het mis geword vir die grond. |
| 12. | Maak hulle, hul edeles, soos Oreb en Seëb, en al hulle vorste soos Seba en Salmúna, |
| 13. | wat sê: Laat ons die woninge van God vir ons in besit neem! |
| 14. | My God, maak hulle soos strooi, soos stoppels voor die wind. |
| 15. | Soos vuur wat 'n bos verbrand, en soos die vlam wat berge aan die brand steek- |
| 16. | vervolg hulle só met u storm en verskrik hulle met u stormwind. |
| 17. | Oordek hulle aangesig met skande, dat hulle u Naam kan soek, o HERE! |
| 18. | Laat hulle beskaamd staan en verskrik wees vir ewig, en laat hulle rooi van skaamte word en omkom; |
| 19. | sodat hulle kan weet dat U, wie se Naam HERE is, alleen die Allerhoogste is oor die hele aarde. |
| ← Psalms (83/150) → |