← Psalms (82/150) → |
1. | 'n Psalm van Asaf. God staan in die vergadering van die gode; Hy hou gerig te midde van die gode. |
2. | Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en partydig wees vir die goddelose mense? Sela. |
3. | Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy reg. |
4. | Red die swakke en behoeftige, bevry hulle uit die hand van die goddelose mense. |
5. | Hulle weet nie en verstaan nie; hulle loop rond in duisternis: al die fondamente van die aarde wankel. |
6. | Ek self het gesĂȘ: Julle is gode, en julle is almal seuns van die Allerhoogste- |
7. | nogtans sal julle sterwe soos mense, en soos een van die vorste sal julle val. |
8. | Staan op, o God, oordeel die aarde! Want U het erfbesit van al die nasies. |
← Psalms (82/150) → |