| ← Psalms (68/150) → | 
| 1. | Vir die musiekleier. Van Dawid. 'n Psalm. 'n Lied. | 
| 2. | God staan op, sy vyande raak verstrooid, en sy haters vlug voor sy aangesig weg! | 
| 3. | Soos rook verdryf word, verdryf U hulle; soos was smelt voor die vuur, vergaan die goddelose voor die aangesig van God. | 
| 4. | Maar die regverdiges is bly, hulle juig voor die aangesig van God, en hulle is vrolik met blydskap. | 
| 5. | Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam, vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry: HERE is sy Naam; en jubel voor sy aangesig! | 
| 6. | 'n Vader van die wese en 'n regter van die weduwees is God in sy heilige woning. | 
| 7. | God laat die eensames woon in 'n huisgesin, Hy lei die gevangenes uit in voorspoed; maar die wederstrewiges woon in 'n dor land. | 
| 8. | o God, toe U uitgetrek het voor u volk, toe U voortgestap het in die wildernis, Sela, | 
| 9. | het die aarde gebewe! Ook het die hemele gedrup voor die aangesig van God; hierdie Sinai voor die aangesig van God, die God van Israel! | 
| 10. | Met 'n milde reën het U, o God, u erfdeel besproei; en toe dit moeg was, het U dit versterk. | 
| 11. | U skare het daarin gewoon; U het dit in u goedheid berei vir die ellendige, o God! | 
| 12. | Die Here het die woord laat hoor- die vroue wat die goeie tyding gebring het, was 'n groot skare: | 
| 13. | Die konings van die leërskare vlug, hulle vlug; en sy wat tuis gebly het, verdeel die buit. | 
| 14. | As julle daar lê tussen die veekrale, is die vlerke van die duif oordek met silwer en sy vleuels met liggroen goud. | 
| 15. | Toe die Almagtige konings daarin verstrooi het, het dit gesneeu op Salmon. | 
| 16. | 'n Berg van God is die berg Basan, 'n berg met toppe is die berg Basan. | 
| 17. | Waarom kyk julle afgunstig, o berge met toppe, na die berg wat God begeer het vir sy woning? Ja, die HERE sal daar woon tot in ewigheid. | 
| 18. | Die waens van God is tien duisende, duisend maal duisende; die Here is onder hulle; dit is Sinai in heiligheid. | 
| 19. | U het opgeklim na die hoogte, U het gevangenes weggevoer, U het geskenke geneem onder die mense; ja, ook wederstrewiges om daar te woon, o HERE God! | 
| 20. | Geloofd sy die Here! Dag ná dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela. | 
| 21. | God is vir ons 'n God van verlossinge, en die HERE Here het uitkomste teen die dood. | 
| 22. | Gewis, God sal die kop van sy vyande verbrysel, die harige skedel van hom wat in sy sondeskuld rondwandel. | 
| 23. | Die Here het gesê: Ek sal terugbring uit Basan, Ek sal terugbring uit die dieptes van die see; | 
| 24. | sodat jy jou voet kan steek in bloed, die tong van jou honde van die vyande sy deel kan hê. | 
| 25. | o God, hulle sien u optogte, die optogte van my God, my Koning in die heiligdom. | 
| 26. | Vooraan gaan die sangers, daaragter die snaarspelers, tussen jongmeisies in wat die tamboeryn slaan. | 
| 27. | Loof God, die Here, in die vergaderinge, julle wat is uit die fontein van Israel! | 
| 28. | Daar is Benjamin, die kleinste, wat oor hulle geheers het; die vorste van Juda- hulle menigte; die vorste van Sébulon, die vorste van Náftali. | 
| 29. | Jou God het jou sterkte gebied: betoon U sterk, o God, wat vir ons gewerk het! | 
| 30. | Ter wille van u tempel in Jerusalem sal die konings aan U geskenke bring. | 
| 31. | Dreig die wilde gedierte van die riet- die trop stiere saam met die kalwers van die volke- die wat hulleself onderwerp met stukke silwer. Hy het die volke verstrooi wat lus het in oorloë. | 
| 32. | Edeles sal uit Egipte kom, Kus sal haastig sy hande uitsteek na God. | 
| 33. | o Koninkryke van die aarde, sing tot eer van God; psalmsing tot eer van die Here! Sela. | 
| 34. | Van Hom wat ry in die hoogste hemele, wat uit die voortyd is; kyk, Hy verhef sy stem, 'n magtige stem. | 
| 35. | Gee sterkte aan God! Sy hoogheid is oor Israel en sy sterkte in die wolke. | 
| 36. | Vreeslik is God uit jou heiligdomme, o Israel! Die God van Israel- Hy gee aan die volk sterkte en kragte. Geloofd sy God! | 
| ← Psalms (68/150) → |