Psalms (67/150)  

1. Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm. 'n Lied.
2. Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela.
3. Sodat die mense op aarde u weg kan ken, onder al die nasies u heil.
4. Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.
5. Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela.
6. Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.
7. Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën.
8. God sal ons seën, en al die eindes van die aarde sal Hom vrees.

  Psalms (67/150)