| ← Psalms (63/150) → |
| 1. | 'n Psalm van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was. |
| 2. | o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in 'n dor en uitgedroogde land, sonder water. |
| 3. | Só het ek U in die heiligdom aanskou, om u sterkte en u heerlikheid te sien. |
| 4. | Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys. |
| 5. | Só sal ek U prys my lewe lank, in u Naam my hande ophef. |
| 6. | Soos met vet en vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe |
| 7. | as ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins. |
| 8. | Want U was 'n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel. |
| 9. | My siel is aan U verkleef; u regterhand ondersteun my. |
| 10. | Maar húlle wat soek om my lewe te verderwe, hulle sal kom in die onderste plekke van die aarde. |
| 11. | Hy sal oorgelewer word in die mag van die swaard; die deel van die jakkalse sal hulle word. |
| 12. | Maar die koning sal bly wees in God; elkeen wat by Hom sweer, sal hom beroem; want die mond van die leuensprekers sal gestop word. |
| ← Psalms (63/150) → |