| ← Psalms (61/150) → |
| 1. | Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Dawid. |
| 2. | o God, hoor my smeking, luister na my gebed! |
| 3. | Van die einde van die aarde af roep ek U aan as my hart beswyk; lei my op 'n rots wat vir my te hoog is. |
| 4. | Want U het 'n toevlug vir my geword, 'n sterk toring teen die vyand. |
| 5. | Ek wil in u tent vertoef vir ewig, in die skuilplek van u vleuels my verberg. Sela. |
| 6. | Want U, o God, het my geloftes gehoor; U het die besitting gegee van die wat u Naam vrees. |
| 7. | Mag U dae by die koning se dae byvoeg; mag sy jare wees soos van geslag tot geslag. |
| 8. | Mag hy vir ewig voor die aangesig van God op die troon sit; beskik goedertierenheid en trou, dat dié hom bewaar. |
| 9. | Só wil ek psalmsing tot eer van u Naam tot in ewigheid, om my geloftes te betaal, dag ná dag. |
| ← Psalms (61/150) → |