| ← Psalms (54/150) → |
| 1. | Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Onderwysing van Dawid, |
| 2. | toe die Sifiete gekom en aan Saul gesê het: Het Dawid hom nie by ons weggesteek nie? |
| 3. | o God, verlos my deur u Naam, en doen aan my reg deur u mag! |
| 4. | o God, hoor my gebed, luister na die woorde van my mond! |
| 5. | Want vreemdes staan teen my op, en tiranne soek my lewe; hulle stel God nie voor hul oë nie. Sela. |
| 6. | Kyk, God is my helper. Dit is die Here wat my siel ondersteun. |
| 7. | Hy sal my vyande die kwaad vergelde. Vernietig hulle in u trou! |
| 8. | Vrywillig wil ek aan U offer; ek wil u Naam, o HERE, loof, want dié is goed; |
| 9. | want dié het my uit alle benoudheid gered, en my oog het met welgevalle op my vyande neergesien. |
| ← Psalms (54/150) → |