| ← Psalms (53/150) → | 
| 1. | Vir die musiekleier; op die wysie van: "Máhalat." 'n Onderwysing van Dawid. | 
| 2. | Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie! Hulle het sleg gehandel en hul onreg afskuwelik gemaak; daar is niemand wat goed doen nie. | 
| 3. | God het uit die hemel neergesien op die mensekinders om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra. | 
| 4. | Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen nie, ook nie een nie. | 
| 5. | Het die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep God nie aan nie. | 
| 6. | Dáár het skrik hulle oorweldig sonder dat daar skrik was; want God het die beendere verstrooi van hom wat jou beleër het; jy het hulle beskaamd gemaak, want God het hulle verwerp. | 
| 7. | Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As God die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees. | 
| ← Psalms (53/150) → |