Psalms (48/150)  

1. 'n Lied. 'n Psalm van die kinders van Korag.
2. Die HERE is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God, sy heilige berg!
3. Skoon deur sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg Sion, aan die noordekant, die stad van die groot Koning!
4. God het Hom in sy paleise bekend gemaak as 'n rotsvesting.
5. Want kyk, die konings het bymekaargekom, tesame opgetrek.
6. Skaars het hulle dit gesien, of hulle het verstom, verskrik geword, in angs weggevlug.
7. Bewing het hulle daar aangegryp, smart soos van een wat baar.
8. Deur die oostewind verbreek U die skepe van Tarsis.
9. Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die stad van die HERE van die leĆ«rskare, in die stad van onse God: God sal dit bevestig tot in ewigheid. Sela.
12. Laat die berg Sion bly wees, laat die dogters van Juda juig oor u oordele.
13. Gaan rondom Sion, trek daaromheen, tel sy torings;
14. let op sy skanse, wandel deur sy paleise, sodat julle dit aan die volgende geslag kan vertel,
15. dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd; Hy sal ons lei tot die dood toe.

  Psalms (48/150)