| ← Psalms (33/150) → |
| 1. | o Regverdiges, jubel in die HERE! 'n Loflied betaam die opregtes. |
| 2. | Loof die HERE met die siter; psalmsing tot sy eer met die tiensnarige harp. |
| 3. | Sing tot sy eer 'n nuwe lied; speel goed met trompetgeklank. |
| 4. | Want die woord van die HERE is reg, en al sy werk is met trou. |
| 5. | Hy het geregtigheid en reg lief; die aarde is vol van die goedertierenheid van die HERE. |
| 6. | Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër. |
| 7. | Hy versamel die waters van die see soos 'n hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers. |
| 8. | Laat die hele aarde vir die HERE vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees; |
| 9. | want Hy het gespreek, en dit was; Hy het gebied, en dit staan. |
| 10. | Die HERE vernietig die raad van die nasies, Hy verydel die gedagtes van die volke. |
| 11. | Die raad van die HERE bestaan vir ewig, die gedagtes van sy hart van geslag tot geslag. |
| 12. | Welgeluksalig is die nasie wie se God die HERE is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het. |
| 13. | Die HERE kyk van die hemel af; Hy sien al die mensekinders. |
| 14. | Uit sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde, |
| 15. | Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke. |
| 16. | 'n Koning word nie verlos deur 'n groot leër, 'n held nie gered deur groot krag nie. |
| 17. | Die perd help niks vir die oorwinning en red nie deur sy groot krag nie. |
| 18. | Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag; |
| 19. | om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood. |
| 20. | Ons siel wag op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild; |
| 21. | want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou. |
| 22. | Laat u goedertierenheid, HERE, oor ons wees net soos ons op U wag! |
| ← Psalms (33/150) → |