| ← Psalms (29/150) → |
| 1. | 'n Psalm van Dawid. Gee aan die HERE, o hemelinge, gee aan die HERE eer en sterkte! |
| 2. | Gee aan die HERE die eer van sy Naam; aanbid die HERE in heilige sieraad! |
| 3. | Die stem van die HERE is op die waters, die God van eer donder; die HERE is op die groot waters. |
| 4. | Die stem van die HERE is met krag; die stem van die HERE is met heerlikheid. |
| 5. | Die stem van die HERE breek seders; ja, die HERE verbreek die seders van die Líbanon; |
| 6. | en Hy laat hulle opspring soos 'n kalf, die Líbanon en Sirjon soos 'n jong buffel. |
| 7. | Die stem van die HERE slaan daar vuurvlamme uit. |
| 8. | Die stem van die HERE laat die woestyn bewe; die HERE laat die woestyn van Kades bewe. |
| 9. | Die stem van die HERE laat die takbokke lam en maak die bosse kaal; maar in sy paleis sê elkeen: Heerlikheid! |
| 10. | Die HERE het gesit oor die Watervloed; ja, die HERE sit as Koning tot in ewigheid. |
| 11. | Die HERE sal sy volk sterkte gee, die HERE sal sy volk seën met vrede. |
| ← Psalms (29/150) → |