| ← Psalms (23/150) → |
| 1. | 'n Psalm van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie. |
| 2. | Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. |
| 3. | Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil. |
| 4. | Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. |
| 5. | U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. |
| 6. | Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae. |
| ← Psalms (23/150) → |