| ← Psalms (15/150) → |
| 1. | 'n Psalm van Dawid. HERE, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg? |
| 2. | Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek; |
| 3. | wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie; |
| 4. | in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die HERE vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie; |
| 5. | wat sy geld nie gee op woeker en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewigheid nie. |
| ← Psalms (15/150) → |