| ← Psalms (148/150) → |
| 1. | Halleluja! Loof die HERE uit die hemele; loof Hom in die hoogtes! |
| 2. | Loof Hom, al sy engele, loof Hom, al sy leërskare! |
| 3. | Loof Hom, son en maan, loof Hom, alle ligtende sterre! |
| 4. | Loof Hom, hoogste hemele en waters wat bo die hemele is! |
| 5. | Laat hulle die Naam van die HERE loof; want Hy het bevel gegee- en hulle is geskape. |
| 6. | En Hy het hulle in stand gehou vir altyd, vir ewig; Hy het 'n wet gegee wat geeneen oortree nie. |
| 7. | Loof die HERE van die aarde af- groot seediere en alle dieptes! |
| 8. | Vuur en hael, sneeu en damp, stormwind wat sy woord volbring; |
| 9. | berge en alle heuwels, vrugtebome en alle sederbome, |
| 10. | wilde diere en alle vee, kruipende diere en gevleuelde voëls; |
| 11. | konings van die aarde en alle volke, vorste en alle regters van die aarde; |
| 12. | jongelinge en ook jongedogters, oues saam met die jonges- |
| 13. | laat hulle die Naam van die HERE loof! Want sy Naam alleen is hoog; sy majesteit is oor aarde en hemel! |
| 14. | En Hy het 'n horing vir sy volk verhef: 'n roem vir al sy gunsgenote; vir die kinders van Israel, die volk wat naby Hom is. Halleluja! |
| ← Psalms (148/150) → |