| ← Psalms (142/150) → |
| 1. | 'n Onderwysing van Dawid, toe hy in die spelonk was. 'n Gebed. |
| 2. | Hardop roep ek die HERE aan, hardop smeek ek die HERE. |
| 3. | Ek stort my klagte uit voor sy aangesig; ek maak voor sy aangesig my nood bekend. |
| 4. | As my gees in my versmag, dan ken U my pad. Op die pad wat ek moet gaan, het hulle 'n vangnet vir my gespan. |
| 5. | Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat my ken nie; die toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie. |
| 6. | Ek roep U aan, o HERE! Ek sĂȘ: U is my skuilplek, my deel in die land van die lewendes. |
| 7. | Luister na my smeking, want ek is baie swak; red my van my vervolgers, want hulle is vir my te sterk. |
| 8. | Lei my siel uit die gevangenis om u Naam te loof. Die regverdiges sal my omring as U aan my goed doen. |
| ← Psalms (142/150) → |