| ← Psalms (141/150) → |
| 1. | 'n Psalm van Dawid. HERE, ek roep U aan; kom tog gou na my toe; luister na my stem as ek U aanroep. |
| 2. | Laat my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, die opheffing van my hande soos die aandoffer. |
| 3. | HERE, stel 'n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe. |
| 4. | Neig my hart nie tot iets wat sleg is, om in goddeloosheid dinge te doen saam met manne wat ongeregtigheid werk nie; en laat my van hulle lekkernye nie eet nie. |
| 5. | Laat die regverdige my met liefde slaan en my tugtig- hoofsalf sal my hoof nie weier nie; want nog is my gebed teen hulle booshede. |
| 6. | As hulle regters aan die kant van die rots afgegooi word, dan sal hulle hoor dat my woorde lieflik is. |
| 7. | Soos 'n mens in die aarde vore en skeure trek, is ons beendere gestrooi by die mond van die doderyk. |
| 8. | Want op U is my oë, HERE Here; by U skuil ek: giet my siel nie uit nie! |
| 9. | Bewaar my vir die mag van die vangnet van die wat vir my strikke stel, en vir die strikke van die werkers van ongeregtigheid. |
| 10. | Laat die goddelose in hulle vangkuile val, almal saam, terwyl ék verbygaan! |
| ← Psalms (141/150) → |