| ← Psalms (136/150) → |
| 1. | Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 2. | Loof die God van die gode, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 3. | Loof die Here der here, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid- |
| 4. | Hy wat alleen groot wonders doen, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 5. | Wat die hemele met verstand gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 6. | Wat die aarde op die water uitgespan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 7. | Wat die groot ligte gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 8. | Die son om te heers oor die dag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 9. | Die maan en sterre om te heers oor die nag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 10. | Wat die Egiptenaars getref het in hulle eersgeborenes, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 11. | En Israel onder hulle uitgelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 12. | Met 'n sterk hand en met 'n uitgestrekte arm, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 13. | Wat die Skelfsee in stukke gesny het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 14. | En Israel daar dwarsdeur laat gaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 15. | En Farao saam met sy leër in die Skelfsee gestort het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 16. | Wat sy volk deur die woestyn gelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 17. | Wat groot konings verslaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 18. | En geweldige konings gedood het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 19. | Sihon, die koning van die Amoriete, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 20. | En Og, die koning van Basan, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 21. | En hulle land as erfdeel gegee het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 22. | As erfdeel aan Israel, sy kneg, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 23. | Wat in ons vernedering aan ons gedink het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 24. | En ons van ons teëstanders losgeruk het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 25. | Wat voedsel gee aan alle vlees, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| 26. | Loof die God van die hemel, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
| ← Psalms (136/150) → |