← Psalms (131/150) → |
1. | 'n Bedevaartslied. Van Dawid. o HERE, my hart is nie hoog en my oë nie trots nie; ook wandel ek nie in dinge wat vir my te groot en te wonderbaar is nie. |
2. | Waarlik, ek het my siel tot bedaring gebring en stilgemaak; soos 'n gespeende kind by sy moeder, soos 'n gespeende kind is my siel in my. |
3. | Wag op die HERE, o Israel, van nou af tot in ewigheid! |
← Psalms (131/150) → |