| ← Psalms (130/150) → | 
| 1. | 'n Bedevaartslied. Uit die dieptes roep ek U aan, o HERE! | 
| 2. | Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge. | 
| 3. | As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan? | 
| 4. | Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word. | 
| 5. | Ek wag op die HERE; my siel wag, en ek hoop op sy woord. | 
| 6. | My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre. | 
| 7. | Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing; | 
| 8. | en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede. | 
| ← Psalms (130/150) → |