| ← Psalms (13/150) → | 
| 1. | Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. | 
| 2. | Hoe lank, HERE, sal U my altyddeur vergeet? Hoe lank sal U vir my u aangesig verberg? | 
| 3. | Hoe lank sal ek planne beraam in my siel, met kommer in my hart oordag? Hoe lank sal my vyand hom oor my verhef? | 
| 4. | Aanskou tog, verhoor my, HERE, my God! Verlig my oë, sodat ek nie in die dood inslaap nie; | 
| 5. | sodat my vyand nie kan sê: Ek het hom oorwin nie, en my teëstanders nie juig as ek wankel nie. | 
| 6. | Maar ek- op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die HERE, omdat Hy aan my goed gedoen het. | 
| ← Psalms (13/150) → |