| ← Psalms (128/150) → | 
| 1. | 'n Bedevaartslied. Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel! | 
| 2. | Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed! | 
| 3. | Jou vrou is soos 'n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinders soos olyfboompies rondom jou tafel. | 
| 4. | Kyk, so sal sekerlik geseën word die man wat die HERE vrees. | 
| 5. | Mag die HERE jou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem mag aanskou al die dae van jou lewe! | 
| 6. | En dat jy jou kindskinders mag aanskou! Vrede oor Israel! | 
| ← Psalms (128/150) → |