Psalms (126/150)  

1. 'n Bedevaartslied. Toe die HERE die lot van Sion verander het, was ons soos die wat droom.
2. Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesĂȘ: Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen.
3. Die HERE het groot dinge aan ons gedoen: ons was bly!
4. o HERE, verander ons lot soos waterstrome in die Suidland.
5. Die wat met trane saai, sal met gejubel maai.
6. Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra.

  Psalms (126/150)