| ← Psalms (124/150) → |
| 1. | 'n Bedevaartslied. Van Dawid. As die HERE nie vir ons was nie- laat Israel dit sê- |
| 2. | as die HERE nie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie, |
| 3. | dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle toorn teen ons ontvlam het; |
| 4. | dan het die waters ons oorstroom, 'n stroom het oor ons siel gegaan; |
| 5. | dan het die trotse waters oor ons siel gegaan. |
| 6. | Geloofd sy die HERE wat ons aan hulle tande nie as buit oorgegee het nie! |
| 7. | Ons siel het vrygeraak soos 'n voël uit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en ons, ons het vrygeraak. |
| 8. | Ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. |
| ← Psalms (124/150) → |