| ← Psalms (123/150) → |
| 1. | 'n Bedevaartslied. Ek slaan my oë op tot U wat in die hemel troon. |
| 2. | Kyk, soos die oë van die knegte is op die hand van hulle heer, soos die oë van die diensmaagd is op die hand van haar meesteres- so is ons oë op die HERE onse God, totdat Hy ons genadig is. |
| 3. | Wees ons genadig, o HERE, wees ons genadig, want meer as versadig is ons van veragting; |
| 4. | meer as versadig is ons siel van die spot van die oormoediges, van die veragting van die trotsaards! |
| ← Psalms (123/150) → |