← Psalms (122/150) → |
1. | 'n Bedevaartslied. Van Dawid. Ek was bly toe hulle vir my gesĂȘ het: Laat ons na die huis van die HERE gaan! |
2. | Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem! |
3. | Jerusalem wat gebou is soos 'n stad wat goed saamgevoeg is, |
4. | waarheen die stamme optrek, die stamme van die HERE- 'n voorskrif vir Israel! - om die Naam van die HERE te loof. |
5. | Want daar staan die stoele vir die gereg, die stoele van die huis van Dawid. |
6. | Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe! |
7. | Mag daar vrede wees in jou skanse, rus in jou paleise! |
8. | Ter wille van my broers en my vriende wil ek spreek: Vrede in jou! |
9. | Ter wille van die huis van die HERE onse God wil ek die goeie vir jou soek. |
← Psalms (122/150) → |