| ← Psalms (120/150) → | 
| 1. | 'n Bedevaartslied. Ek roep die HERE aan in my benoudheid, en Hy verhoor my. | 
| 2. | o HERE, red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong! | 
| 3. | Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike tong? | 
| 4. | Skerp pyle van 'n held saam met gloeiende kole van besembosse. | 
| 5. | Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek by die tente van Kedar woon! | 
| 6. | Te lank al woon my siel by die wat die vrede haat. | 
| 7. | Ek is vredeliewend; maar as ek spreek, is hulle op oorlog uit. | 
| ← Psalms (120/150) → |