| ← Psalms (12/150) → |
| 1. | Vir die musiekleier; met basstem. 'n Psalm van Dawid. |
| 2. | Red, o Here, want daar is geen vrome meer nie; want die getroues het verdwyn onder die mensekinders. |
| 3. | Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubbelhartig. |
| 4. | Mag die HERE al die vleiende lippe uitroei, die tong wat grootpraat, |
| 5. | hulle wat sê: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons? |
| 6. | Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê die HERE; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag. |
| 7. | Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal. |
| 8. | U, o HERE, sal hulle bewaar; U sal ons bewaar van hierdie geslag vir ewig. |
| 9. | Die goddelose draf rond as laagheid die oorhand kry by die mensekinders. |
| ← Psalms (12/150) → |