| ← Psalms (112/150) → |
| 1. | Halleluja! Alef. Welgeluksalig is die man wat die HERE vrees, Bet. wat 'n groot welbehae in sy gebooie het. |
| 2. | Gimel. Sy nageslag sal geweldig wees op die aarde; Dalet. die geslag van die opregtes sal geseƫn word. |
| 3. | He. Oorvloed en rykdom is in sy huis; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid. |
| 4. | Sajin. Vir die opregtes gaan Hy op as 'n lig in die duisternis: Get. genadig en barmhartig en regverdig. |
| 5. | Tet. Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen, Jod. wat sy sake volgens reg besorg. |
| 6. | Kaf. Want hy sal nooit wankel nie; Lamed. die regverdige sal in ewige gedagtenis wees. |
| 7. | Mem. Hy vrees nie vir slegte tyding nie; Noen. sy hart is gerus, vol vertroue op die HERE. |
| 8. | Samek. Vas is sy hart, hy vrees nie. Ajin. totdat hy op sy teƫstanders neersien. |
| 9. | Pe. Hy strooi uit, hy gee aan die behoeftiges; Sade. sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid; Kof. sy horing word verhoog in eer. |
| 10. | Resj. Die goddelose sien dit en is vererg; Sjin. hy kners met sy tande en smelt weg; Tau. die begeerte van die goddelose mense vergaan. |
| ← Psalms (112/150) → |