| ← Psalms (100/150) → |
| 1. | 'n Psalm. By die lofoffer. Juig voor die HERE, o ganse aarde! |
| 2. | Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel. |
| 3. | Erken dat die HERE God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide. |
| 4. | Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam. |
| 5. | Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag. |
| ← Psalms (100/150) → |