← Proverbs (9/31) → |
1. | Die Wysheid het haar huis gebou, haar sewe pilare uitgekap, |
2. | haar slagvee geslag, haar wyn gemeng, ook haar tafel gedek. |
3. | Sy het haar diensmeisies uitgestuur, sy nooi uit op die hange van die stadshoogtes: |
4. | Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen, wie verstandeloos is, vir hom sê sy: |
5. | Kom, eet julle van my brood, en drink van die wyn wat ek gemeng het; |
6. | laat staan die eenvoudigheid, dan sal julle lewe, en betree die weg van verstand. |
7. | Hy wat 'n spotter teregwys, behaal vir homself skande, en hy wat 'n goddelose bestraf, vir homself 'n skandvlek. |
8. | Bestraf 'n spotter nie, anders haat hy jou; bestraf 'n wyse, en hy sal jou liefhê. |
9. | Deel mee aan die wyse, en hy sal nog wyser word, leer die regverdige, en hy sal insig vermeerder. |
10. | Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand. |
11. | Want deur my word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg. |
12. | As jy wys is, is jy wys tot jou voordeel, en is jy 'n spotter, dan moet jy dit alleen dra. |
13. | Vrou Dwaasheid is onrustig, pure eenvoudigheid en heeltemal onkundig; |
14. | en sy sit by die deur van haar huis, op 'n stoel op die hoogtes van die stad, |
15. | om te nooi die wat op die weg verbygaan, die wat op hulle paaie reguit wandel: |
16. | Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen! En die verstandelose, aan hom sê sy: |
17. | Gesteelde waters is soet, en brood in die geheim geëet, is lekker. |
18. | Maar hy weet nie dat dáár skimme is, dat haar genooides in die dieptes van die doderyk is nie. |
← Proverbs (9/31) → |