← Proverbs (17/31) → |
1. | Beter is 'n stuk droë brood en rus daarby as 'n huis vol offermaaltye met getwis. |
2. | 'n Verstandige dienaar sal heers oor 'n seun wat skande maak, en onder die broers sal hy die erfenis verdeel. |
3. | Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, maar die HERE toets die harte. |
4. | Die kwaaddoener gee ag op 'n bedrieglike lip, 'n leuenaar luister na 'n tong wat onheil stig. |
5. | Hy wat die arme bespot, versmaad sy Maker; hy wat bly is oor 'n ongeluk, sal nie ongestraf bly nie. |
6. | Kindskinders is 'n kroon vir grysaards, en vir die kinders is hulle vader 'n eer. |
7. | Aanmatigende taal pas nie by 'n dwaas nie, hoeveel minder leuentaal by 'n edele! |
8. | Kosbare edelgesteentes is die omkoopgeskenk in die oë van sy besitter; oral waar hy heengaan, sal hy slaag. |
9. | Wie 'n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat 'n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar. |
10. | 'n Berisping gaan by 'n verstandige dieper in as om 'n dwaas honderd maal te slaan. |
11. | Die wederstrewige soek net onheil, maar 'n wrede boodskapper word teen hom uitgestuur. |
12. | Laat 'n beer wat van kleintjies beroof is, 'n mens ontmoet, maar nie 'n dwaas in sy sotheid nie. |
13. | Hy wat kwaad vir goed vergelde, die kwaad sal uit sy huis nie wyk nie. |
14. | Die begin van 'n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek. |
15. | Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die HERE 'n gruwel. |
16. | Waarom tog is daar geld in die hand van 'n dwaas om wysheid te koop terwyl hy geen verstand het nie? |
17. | Die vriend het altyd lief, en die broer word gebore met die oog op die nood. |
18. | Dit is 'n verstandelose mens wat handslag gee, wat borg staan vir sy naaste. |
19. | Wie twis liefhet, het oortreding lief; hy wat sy deur hoog maak, soek verbreking. |
20. | Wie verkeerd van hart is, vind die goeie nie; en hy wat vals is met sy tong, val in die ongeluk. |
21. | Hy wat 'n dwaas verwek, vir hom sal dit 'n bekommernis word; en die vader van die dwaas sal nie bly wees nie. |
22. | 'n Vrolike hart bevorder die genesing, maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog. |
23. | Die goddelose neem 'n omkoopgeskenk aan wat uit die boesem kom om die paaie van die reg te buig. |
24. | Die verstandige hou die wysheid voor oë, maar die oë van die dwaas is by die einde van die aarde. |
25. | 'n Dwase seun is 'n verdriet vir sy vader en bitter smart vir haar wat hom gebaar het. |
26. | Is dit alreeds nie goed om die regverdige te beboet nie--om edeles te slaan is onbetaamlik. |
27. | Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is 'n man van verstand. |
28. | Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig. |
← Proverbs (17/31) → |