← Proverbs (11/31) → |
1. | 'n Valse weegskaal is vir die HERE 'n gruwel, maar in 'n volle gewig het Hy behae. |
2. | Kom die vermetelheid, dan kom die skande, maar by die beskeidenes is wysheid. |
3. | Die regskapenheid van die opregtes is vir hulle 'n leier, maar die valsheid van die ontroues vernietig hulle. |
4. | Goed bring geen voordeel op die dag van die grimmigheid nie, maar geregtigheid red van die dood. |
5. | Die geregtigheid van die regskapene maak sy weg gelyk, maar die goddelose val deur sy goddeloosheid. |
6. | Die geregtigheid van die opregtes red hulle, maar deur hulle eie begeerlikheid word die ontroues gevang. |
7. | By die dood van 'n goddelose mens gaan sy hoop tot niet, en die verwagting van die roekelose het vergaan. |
8. | Word die regverdige uit die benoudheid gered, dan kom die goddelose in sy plek. |
9. | Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf, maar deur kennis word die regverdiges gered. |
10. | Oor die voorspoed van die regverdiges jubel 'n stad, en as die goddelose omkom, is daar gejubel. |
11. | Deur die seën van die opregtes kom 'n stad op, maar deur die mond van die goddelose word dit afgebreek. |
12. | Die verstandelose verag sy naaste, maar 'n verstandige man bly stil. |
13. | Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar, maar hy wat betroubaar is van gees, bedek 'n saak. |
14. | As daar nie goeie oorleg is nie, val 'n volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding. |
15. | Baie sleg word iemand behandel as hy vir 'n ander borg gestaan het; maar hy wat haat wie die handslag gee, is veilig. |
16. | 'n Aanvallige vrou verkry eer, en die geweldenaars verkry rykdom. |
17. | 'n Man wat 'n weldaad bewys, doen goed aan sy eie siel, maar 'n wreedaard pynig sy eie vlees. |
18. | Die goddelose behaal oneerlike wins, maar hy wat geregtigheid saai, 'n betroubare loon. |
19. | Ware geregtigheid lei tot die lewe, maar hy wat die kwaad najaag, jaag na sy dood. |
20. | Die wat verkeerd van hart is, is vir die HERE 'n gruwel; maar Hy het behae in die wat regskape van wandel is. |
21. | Sekerlik, die slegte bly nie ongestraf nie; maar die geslag van regverdiges raak vry. |
22. | 'n Goue ring in 'n vark se snuit, so is 'n vrou wat mooi is maar sonder beleid. |
23. | Die begeerte van die regverdiges is net ten goede, maar die hoop van die goddelose is 'n strafgerig van toorn. |
24. | Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek. |
25. | Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf. |
26. | Hy wat koring terughou, hom vloek die mense; maar seëning kom op die hoof van hom wat koring verkoop. |
27. | Wie die goeie nastreef, soek wat welgevallig is; maar hy wat die kwaad soek, oor hom sal dit kom. |
28. | Wie op sy rykdom vertrou, dié sal val; maar die regverdiges sal soos blare uitspruit. |
29. | Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en 'n dwaas word 'n slaaf van hom wat wys van hart is. |
30. | Die vrug van die regverdige is 'n boom van die lewe, en hy wat siele win, is wys. |
31. | As die regverdige op aarde vergelding ontvang, hoeveel te meer die goddelose en die sondaar! |
← Proverbs (11/31) → |