| Proverbs (1/31) → | 
| 1. | Die spreuke van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel, | 
| 2. | om wysheid en tug te ken, om woorde van insig te verstaan, | 
| 3. | om aan te neem tug wat verstandig maak, geregtigheid en reg en regverdigheid; | 
| 4. | om aan die eenvoudiges skranderheid te gee, aan die jongeling kennis en oorleg; | 
| 5. | laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry, | 
| 6. | om 'n spreuk en beeldspraak te verstaan, die woorde van die wyse manne en hulle raaisels. | 
| 7. | Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug. | 
| 8. | My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie; | 
| 9. | want dit is 'n lieflike krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou hals. | 
| 10. | My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie; | 
| 11. | as hulle sê: Gaan saam met ons, laat ons loer op bloed, laat ons die onskuldige voorlê sonder oorsaak, | 
| 12. | laat ons hulle lewendig verslind soos die doderyk en die gesondes soos die wat in die kuil neerdaal; | 
| 13. | allerhande kosbare goed sal ons vind, ons huise sal ons vol maak met buit; | 
| 14. | jy sal jou lot onder ons werp, ons sal almal een beurs hê-- | 
| 15. | my seun, gaan nie met hulle saam op die weg nie, hou jou voet terug van hulle pad; | 
| 16. | want hulle voete hardloop na die kwaad en haas hulle om bloed te vergiet; | 
| 17. | want die net word tevergeefs uitgesprei voor die oë van allerhande voëls: | 
| 18. | so loer hulle op hul eie bloed, hulle lê hulleself voor. | 
| 19. | So gaan dit met almal wat onregverdige wins maak: dit ontneem sy besitter die lewe. | 
| 20. | Die Wysheid roep hardop daarbuite, sy verhef haar stem op die pleine, | 
| 21. | op die hoek van die rumoerige strate roep sy, by die ingange van die poorte, in die stad, spreek sy haar woorde: | 
| 22. | Hoe lank sal julle, eenvoudiges, die eenvoudigheid liefhê en die spotters lus hê om te spot en die dwase kennis haat? | 
| 23. | Wend julle tot my teregwysing, dan laat ek my gees vir julle uitstroom, wil ek my woorde aan julle bekend maak. | 
| 24. | Omdat ek geroep en julle geweier het, ek my hand uitgestrek en niemand geluister het nie, | 
| 25. | en julle al my raad nie opgevolg en van my teregwysing nie wou geweet het nie, | 
| 26. | daarom sal ek ook lag by julle ondergang, ek sal spot as julle verskrikking kom; | 
| 27. | as julle verskrikking kom soos 'n onweer, en julle ondergang soos 'n stormwind aankom, as benoudheid en angs julle oorval. | 
| 28. | Dan sal hulle na my roep, maar ek sal nie antwoord nie; hulle sal my soek, maar my nie vind nie. | 
| 29. | Omdat hulle die kennis gehaat en die vrees van die HERE nie verkies het nie, | 
| 30. | van my raad nie wou weet nie, al my teregwysinge verag het, | 
| 31. | daarom sal hulle eet van die vrug van hulle wandel en versadig word van hulle planne. | 
| 32. | Want hulle eie afkerigheid maak die eenvoudiges dood, en hulle eie sorgeloosheid rig die dwase te gronde; | 
| 33. | maar die wat na my luister, sal veilig woon en gerus wees teen die skrik vir die onheil. | 
| Proverbs (1/31) → |