| ← Numbers (29/36) → | 
| 1. | En in die sewende maand, op die eerste van die maand, moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie; dit moet vir julle 'n dag van trompetgeklank wees. | 
| 2. | Dan moet julle 'n brandoffer as lieflike geur vir die HERE berei: een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek; | 
| 3. | en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes van 'n efa vir die bul, twee-tiendes vir die ram, | 
| 4. | en een-tiende vir elke lam van die sewe lammers; | 
| 5. | en een bokram as sondoffer om vir julle versoening te doen; | 
| 6. | behalwe die brandoffer van die nuwemaan en die spysoffer wat daarby behoort, en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort, en hulle drankoffers volgens die daarvoor geldende voorskrif--tot 'n lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE. | 
| 7. | En op die tiende van hierdie sewende maand moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees, en julle moet julle verootmoedig; géén werk mag julle doen nie. | 
| 8. | Dan moet julle 'n brandoffer as lieflike geur aan die HERE bring: een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle vir julle wees; | 
| 9. | en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir die bul, twee-tiendes vir die een ram, | 
| 10. | een-tiende vir elke lam van die sewe lammers; | 
| 11. | een bokram as sondoffer, behalwe die sondoffer van versoening en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort--en hulle drankoffers. | 
| 12. | En op die vyftiende dag van die sewende maand moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie, maar julle moet sewe dae lank vir die HERE 'n fees vier. | 
| 13. | En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE bring: dertien jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle wees; | 
| 14. | en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir elke bul van die dertien bulle, twee-tiendes vir elke ram van die twee ramme, | 
| 15. | en een-tiende vir elke lam van die veertien lammers; | 
| 16. | en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort. | 
| 17. | Daarna op die tweede dag: twaalf jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek; | 
| 18. | en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif; | 
| 19. | en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffers, en die spysoffer en drankoffers wat daarby behoort. | 
| 20. | En op die derde dag: elf bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek; | 
| 21. | en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif; | 
| 22. | en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort. | 
| 23. | Verder op die vierde dag: tien bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek; | 
| 24. | hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif; | 
| 25. | en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort. | 
| 26. | En op die vyfde dag: nege bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers sonder gebrek; | 
| 27. | en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif; | 
| 28. | en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort. | 
| 29. | Daarna op die sesde dag: agt bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek; | 
| 30. | en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif; | 
| 31. | en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort. | 
| 32. | En op die sewende dag: sewe bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek; | 
| 33. | en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die daarvoor geldende voorskrif; | 
| 34. | en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort. | 
| 35. | Op die agtste dag moet daar vir julle 'n feestyd wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. | 
| 36. | En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE bring: een bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek; | 
| 37. | hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bul, die ram en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif; | 
| 38. | en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort. | 
| 39. | Dit moet julle tot eer van die HERE op jul feestye berei, behalwe julle geloftes en julle vrywillige gawes, of dit al brandoffers is of spysoffers of drankoffers of dankoffers. | 
| 40. | En Moses het aan die kinders van Israel alles gesê net soos die HERE Moses beveel het. | 
| ← Numbers (29/36) → |