| ← Jonah (2/4) → | 
| 1. | En Jona het tot die HERE sy God gebid uit die ingewande van die vis | 
| 2. | en gesê: Uit my benoudheid het ek die HERE aangeroep, en Hy het my verhoor; uit die binneste van die doderyk het ek geroep om hulp--U het my stem gehoor. | 
| 3. | U tog het my in die diepte gewerp, in die hart van die see, sodat 'n stroom my omring het; al u bare en u golwe het oor my heengegaan. | 
| 4. | Toe het ek gesê: Ek is weggestoot, weg van u oë; tog sal ek weer u heilige tempel aanskou. | 
| 5. | Waters het my omring tot aan die siel toe, die vloed was rondom my; seegras was om my hoof gedraai. | 
| 6. | Ek het afgedaal tot by die grondslae van die berge, die grendels van die aarde het my vir altyd ingesluit; maar U het my lewe uit die kuil opgetrek, HERE my God! | 
| 7. | Toe my siel in my versmag het, het ek aan die HERE gedink; en my gebed het tot by U gekom in u heilige tempel. | 
| 8. | Die wat nietige afgode vereer, verlaat die Een wat vir hulle goedertieren is. | 
| 9. | Ek daarenteen sal aan U offer met 'n stem van lof; wat ek beloof het, sal ek betaal. Die heil behoort aan die HERE. | 
| 10. | Daarop het die HERE die vis beveel om Jona op die droë grond uit te spuug. | 
| ← Jonah (2/4) → |