← Job (17/42) → |
1. | My gees is verward, my dae is uitgeblus, die graf wag op my. |
2. | Waarlik, bespottinge is my deel, en op hulle getwis moet my oog rus. |
3. | Gee tog 'n pand, staan borg vir my by U; wie anders sal vir my borgskap verleen? |
4. | Want U het húlle hart gesluit vir verstand; daarom sal U hulle nie laat triomfeer nie. |
5. | Hy wat vriende aanklaag vir 'n buitaandeel--die oë van sy kinders sal versmag. |
6. | Maar Hy het my 'n spreekwoord vir die mense gemaak, en ek moet iemand wees wat hulle in die gesig spuug. |
7. | Daarom het my oog dof geword van verdriet, en al my lede is soos 'n skaduwee. |
8. | Die opregtes is daaroor ontsteld, en die onskuldige kom teen die goddelose in opstand. |
9. | Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die wat rein van hande is, neem toe in krag. |
10. | Maar, kom maar altyd weer aan, julle almal! 'n Wyse vind ek onder julle tog nie. |
11. | My dae is verby, my planne tot niet, die wense van my hart. |
12. | Van die nag maak hulle 'n dag; lig, sê hulle, is naby vanweë die duisternis. |
13. | As ek hoop op die doderyk as my huis; in die duisternis my bed uitsprei, |
14. | die grafkuil toeroep: My vader is jy; die wurms: My moeder en my suster, |
15. | waar is dan my verwagting? Ja, my verwagting, wie ontdek dit? |
16. | Na die grendels van die doderyk sal dit neerdaal, wanneer daar tegelykertyd rus is in die stof. |
← Job (17/42) → |