| ← Ephesians (5/6) → | 
| 1. | Wees dan navolgers van God soos geliefde kinders; | 
| 2. | en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as 'n gawe en offer aan God tot 'n lieflike geur. | 
| 3. | Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam; | 
| 4. | ook nie gemeenheid en dwase of lawwe praatjies wat nie pas nie, maar liewer danksegging. | 
| 5. | Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat 'n afgodedienaar is, 'n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie. | 
| 6. | Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid. | 
| 7. | Wees dan nie hulle deelgenote nie. | 
| 8. | Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here--wandel soos kinders van die lig. | 
| 9. | Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid. | 
| 10. | En beproef wat die Here welbehaaglik is; | 
| 11. | en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer. | 
| 12. | Want wat in die geheim deur hulle gedoen word, is skandelik selfs om te noem. | 
| 13. | Maar al die dinge wat deur die lig bestraf word, word openbaar; want alles wat openbaar word, is lig. | 
| 14. | Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn. | 
| 15. | Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; | 
| 16. | en koop die tyd uit, omdat die dae boos is. | 
| 17. | Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is. | 
| 18. | Moenie dronk word van wyn nie--daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul. | 
| 19. | Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here, | 
| 20. | terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus, | 
| 21. | en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God. | 
| 22. | Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. | 
| 23. | Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam. | 
| 24. | Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees. | 
| 25. | Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het | 
| 26. | om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord, | 
| 27. | sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees. | 
| 28. | So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief; | 
| 29. | want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente. | 
| 30. | Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene. | 
| 31. | Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees word. | 
| 32. | Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente. | 
| 33. | In alle geval moet elkeen van julle ook afsonderlik sy eie vrou liefhê net soos homself, en die vrou moet die man eerbiedig. | 
| ← Ephesians (5/6) → |