← 1Corinthians (16/16) |
1. | Wat die insameling vir die heiliges betref, moet julle ook so doen soos ek vir die gemeentes van Galásië gereël het. |
2. | Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insamelinge nie eers plaasvind as ek kom nie. |
3. | En wanneer ek aangekom het, sal ek die persone wat julle goedkeur, met briewe stuur om julle gawe na Jerusalem te bring. |
4. | En as dit die moeite werd is dat ek ook gaan, kan hulle saam met my reis. |
5. | Maar ek sal na julle kom nadat ek deur Macedónië gereis het, want ek gaan deur Macedónië. |
6. | En moontlik sal ek by julle vertoef of ook oorwinter, sodat julle my kan voorthelp waarheen ek ook al mag reis. |
7. | Want ek wil julle nie nou net in die verbygaan sien nie, maar ek hoop om 'n tyd lank by julle te bly as die Here dit toelaat. |
8. | Maar ek sal in Éfese bly tot pinkster toe. |
9. | Want 'n groot en kragtige deur het vir my oopgegaan, en daar is baie teëstanders. |
10. | En as Timótheüs kom, sorg dat hy sonder vrees by julle is, want hy doen die werk van die Here net soos ek. |
11. | Laat niemand hom dan minag nie, maar help hom verder in vrede, dat hy na my toe kan kom; want ek wag vir hom saam met die broeders. |
12. | Met betrekking tot die broeder Apollos, by hom het ek sterk aangedring om saam met die broeders na julle te gaan; maar hy was heeltemal onwillig om nou te gaan; hy sal egter gaan wanneer die tyd vir hom geleë is. |
13. | Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk. |
14. | Laat alles by julle in liefde geskied. |
15. | En ek versoek julle, broeders--julle weet dat die huisgesin van Stéfanas die eersteling van Acháje is en dat hulle hul tot diens van die heiliges gestel het-- |
16. | dat julle ook onderworpe moet wees aan sulke mense en aan elkeen wat saamwerk en arbei. |
17. | En ek verbly my oor die aankoms van Stéfanas en Fortunátus en Acháïcus, omdat hulle my gemis aan julle vergoed het. |
18. | Want hulle het my gees verkwik en julle s'n ook. Erken sulke manne dan. |
19. | Die gemeentes van Asië groet julle. Aquila en Priscílla saam met die gemeente wat in hulle huis is, laat vir julle baie groete weet in die Here. |
20. | Al die broeders groet julle. Groet mekaar met 'n heilige kus. |
21. | Die groete van Paulus, met my eie hand. |
22. | As iemand die Here Jesus Christus nie liefhet nie, laat hom 'n vervloeking wees! Maranáta! |
23. | Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle! |
24. | My liefde met julle almal in Christus Jesus! Amen. |
← 1Corinthians (16/16) |