← 1Chronicles (12/29) → |
1. | En dit is hulle wat na Dawid na Siklag gekom het toe hy nog uit die teenwoordigheid van Saul, die seun van Kis, verban was; hulle was ook onder die helde wat gehelp het in die oorlog, |
2. | gewapend met die boog, wat regter-- en linkerhand kon gebruik met slingerstene en met pyl en boog; hulle was uit die broers van Saul uit Benjamin: |
3. | Ahiëser, die hoof, en Joas, seuns van Semáä, die Gibeatiet; en Jésiël en Pelet, seuns van Asmáwet; en Béraga en Jehu, uit Anatot; |
4. | en Jismája, die Gibeoniet, 'n held onder die dertig en hoof oor die dertig; en Jeremía en Jahásiël en Jóhanan en Jósabad, uit Gedéra; |
5. | Elehúsai en Jerímot en Beálja en Semárja en Sefátja, uit Harif; |
6. | Élkana en Jissía en Asáreël en Joëser en Jasóbeam, die Koragiete; |
7. | en Joëla en Sebádja, die seuns van Jeróham, uit Gedor. |
8. | Ook van die Gadiete het hulle afgeskei na Dawid, na die bergvesting in die woestyn, dapper manne, krygsmanne in die oorlog, toegerus met skild en spies, en hulle gesigte was leeugesigte en hulle was vinnig soos gemsbokke op die berge: |
9. | Eser, die hoof, Obádja, die tweede, Elíab, die derde; |
10. | Masmánna, die vierde, Jeremía, die vyfde; |
11. | Attai, die sesde, Éliël, die sewende; |
12. | Jóhanan, die agtste, Élsabad, die negende; |
13. | Jeremía, die tiende, Magbánnai, die elfde. |
14. | Hulle was uit die seuns van Gad, hoofde oor die leër; een teen honderd, die kleinste; en die grootste, een teen duisend. |
15. | Dit is hulle wat deur die Jordaan gegaan het in die eerste maand terwyl hy vol was oor al sy walle; en hulle het al die bewoners van die laagtes verjaag teen die ooste en teen die weste. |
16. | En toe daar uit die seuns van Benjamin en Juda na die bergvesting na Dawid kom, |
17. | het Dawid uitgegaan hulle tegemoet en gespreek en vir hulle gesê: As julle met vrede na my kom om my te help, sal ek my van harte met julle verenig; maar as dit is om my aan my teëstanders te verraai, ofskoon daar geen onreg in my hande is nie--mag die God van ons vaders dit dan sien en straf! |
18. | Toe het die Gees Amásai, die hoof van die dertig, vervul, en hy het gesê: Vír u, Dawid, en mét u, seun van Isai, is ons. Vrede, vrede vir u, en vrede vir die wat u help, want u God help u! Daarop het Dawid hulle opgeneem en hulle aangestel as hoofde van die bende. |
19. | Ook uit Manasse het sommige oorgeloop na Dawid toe hy saam met die Filistyne gekom het om teen Saul te veg, maar sonder om hulle te help; want met oorleg het die vorste van die Filistyne hom weggestuur en gesê: Ten koste van ons hoofde sal hy na sy heer Saul toe oorloop. |
20. | Terwyl hy na Siklag trek, het daar uit Manasse na hom oorgeloop: Adnag en Jósabad en Jedíael en Mígael en Jósabad en Elíhu en Sílletai, hoofde van die geslagte van Manasse. |
21. | En hulle het Dawid gehelp teen die bende, want hulle was almal dapper helde en owerstes in die leër. |
22. | Want dag vir dag het hulle na Dawid gekom om hom te help, totdat dit 'n groot leër was soos 'n leër van God. |
23. | En dít is die getalle van die leërafdelings van die wat vir oorlog gewapen was, wat na Dawid in Hebron gekom het om die koningskap van Saul op hom oor te bring volgens die bevel van die HERE. |
24. | Die seuns van Juda wat skild en spies gedra het, was ses duisend agt honderd, gewapend vir oorlog; |
25. | van die seuns van Símeon, dapper helde vir krygsdiens, sewe duisend een honderd; |
26. | van die seuns van Levi, vier duisend ses honderd; |
27. | en Jehójada, die bevelhebber van die Aäroniete, en saam met hom drie duisend sewe honderd; |
28. | en Sadok, 'n jongman, 'n dapper held, met sy familie: twee en twintig owerstes; |
29. | en van die seuns van Benjamin, die broers van Saul, drie duisend: want die meeste van hulle het tot nog toe aan die huis van Saul getrou gebly; |
30. | en van die seuns van Efraim, twintig duisend agt honderd, dapper helde, manne van naam in hulle families; |
31. | en van die halwe stam van Manasse agttien duisend wat met hulle naam aangewys was om Dawid koning te gaan maak; |
32. | en van die seuns van Issaskar, met kundige insig wat die tye betref, om te weet wat Israel moes doen; hulle hoofde was twee honderd, en al hulle broers onder hulle bevel; |
33. | van Sébulon wat op kommando moet uittrek, toegerus vir oorlog met allerhande krygswapens, vyftig duisend aaneengesluit, en nie met 'n dubbele hart nie; |
34. | en van Náftali duisend owerstes, en saam met hulle sewe en dertig duisend met skild en spies; |
35. | en van die Daniete, toegerus vir oorlog, agt en twintig duisend ses honderd; |
36. | en van Aser wat op kommando moet uittrek om hulle in slagorde op te stel, veertig duisend; |
37. | en van oorkant die Jordaan af, van die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse, honderd en twintig duisend met allerhande wapens vir krygsdiens. |
38. | Al hierdie krygsmanne het, in slagorde aaneengesluit, met 'n onverdeelde hart na Hebron gekom om Dawid koning te maak oor die hele Israel; en ook al die orige Israeliete was een van hart om Dawid koning te maak. |
39. | En hulle het daar saam met Dawid drie dae lank geëet en gedrink, want hulle broers het dit vir hulle berei. |
40. | En selfs hulle nabestaandes tot by Issaskar en Sébulon en Náftali het brood gebring op esels en op kamele en op muile en op beeste, meelkos, vyekoeke en rosynekoeke en wyn en olie en beeste en kleinvee in menigte, want daar was blydskap in Israel. |
← 1Chronicles (12/29) → |